Local newsNews

TZANEEN: Inwoners woedend oor twee oop damsluise

Talle bekommerde en ontstelde inwoners van Tzaneen doen navrae oor die verhoging van die damwal en hoekom daar juis twee sluise oop is.

Die Letaba Water Gebruikers Vereniging LWGV, Departement van Water en Sanitasie (DWS) en die kontrakteurs wat die verhoging van die damwal hanteer, het op Vrydag vergader

Die LWGV beantwoord al dié vrae wat inwoners het.

André Venter, die uitvoerende beampte vir LWGV, het die volgende saamgestel:

“Die lang verwagte projek om die Tzaneendam se wal te verhoog het begin.

LWGV gebruik graag hierdie geleentheid om inligting tot sy beskikking aan die publiek deur te gee.

Gedurende die afgelope paar maande is kleigrond uit die dam gegrou en stroom-af van die damwal geberg sodat dit later gebruik kan word om die grondwal met 3meter te verhoog.

Vir die betonoorloop se 3meter verhoging moet die huidige oorloop eers met 4meter verlaag word, sodat daar ‘n basis geskep kan word wat breed genoeg is om die nuwe labirintoorloop te kan bou.

Hierdie 4meter verlaging skakel om na ‘n damvlak van ongeveer 70%, ‘n verdere 10% as veiligheidsmaatreël teen ‘n skielike groot invloei in die dam. Dit beteken dat die damvlak op 60% gehou moet word om die konstruksie werk te kan doen.

Die 10% buffer is genoodsaak deur die beperkte uitlaat vermoë van die sluise.

Daar is verder besluit dat die afbreek van die beton nie by wyse van plofstof sal plaasvind nie, maar deur gebruik te maak van hamerbore en om veiligheidsredes was dit noodsaaklik om steierwerk teen die oorloop aan te bring wat verder bygedra het tot die 60% vereiste.

Die projek tydperk vir die verlaging in die betonoorloop is tot einde Junie 2017, waarna die konstruksie tydperk ‘n aanvang sal neem vir ‘n verdere 2 jaar, dit is tot einde Junie 2019 gestel, indien alles volgens plan verloop.

Gedurende die hele tydperk moet die Tzaneendam op ‘n maksimum van 60% van sy vermoë gehou word, wat beteken dat die invloei in die dam in en die uitlaat uit die dam uit, gebalanseer moet word sodat die damvlak nie bo 60% styg nie. Die afgelope paar weke se reën het die damvlak verhoog tot bokant 60% en tot gevolg gehad dat die uitlaat verhoog moes word om die vlak terug te bring na waar dit hoort.

Hierdie uitlate word deur die Departement van Waterwese en Sanitasie gedoen gebaseer op gereelde berekening van invloei in die dam in, normale gebruike stroom-af van die dam en addisionele uitlate om die damvlak bestendig te hou.

Bestaande water beperkings stroom-af van die Tzaneendam vereis dat huishoudelike- en industriële watergebruikers hulle toekennings met 20% moet inperk, terwyl landbou gebruikers hulle gebruik met 70% moet inperk.

Dit het uiteraard tot gevolg dat die LWGV bekommerd is oor die groter volumes wat nou uitgelaat word, asook die tydsberekening van die uitlate en dit is aangespreek in die vergadering wat gehou is met die DWS en die kontrakteur.

Dit was egter duidelik van beide DWS en die kontrakteur dat hulle nie die damvlak hoër as 60% wil hê tydens die projek nie, en ook dat hulle nie voorsien dat die projek binne ‘n korter tyd voltooi kan word nie.

Die LWGV besef dat huidige droogte toestande die damvlak tot ‘n baie lae vlak kan laat daal, maar is oortuig daarvan dat die langtermyn voordele van ‘n groter dam, hierdie projek absoluut noodsaaklik maak, omdat dit lewering van water sal verseker.”

Lees ook:

What is happening at the Tzaneen damwall ?

Raising of Tzaneen dam wall to begin soon

For more news your way, follow Letaba Herald  on Facebook and Twitter.

 

Related Articles

Back to top button