NUUSFLITS: Name bekend gemaak van oorledenes wat in ‘n ernstige ongeluk gesterf het
'n Saak van strafbare manslag word ondersoek deur die polisie in Letsitele na 'n bekende egpaar oorlede is in 'n grusame ongeluk.
Volgens inligting het die bestuurder, Jan Diedericks, vir ‘n bees uitgeswaai en trompop met ‘n trok gebots.
Sy vrou, Willemien, wat in die passasierskant gesit het, is saam Diedericks in die ongeluk oorlede, volgens polisie woordvoerder, AO Nkateko Nhlangwani.

Hulle seun, Justin was saam hulle in die voertuig.
Justin sterk aan in die Letaba Hospitaal met minder enstige beserings.

Luidens ‘n verklaring van ER24 is daar twee ander persone hospitaal toe geneem met ligte beserings.
Die owerhede was op die toneel en die saak sal verder ondersoek word.

Lees ook:
TZANEEN: Three accidents in less than 24 hours
BREAKING NEWS: Accident outside Tzaneen claims life
TZANEEN: Accident claims life of Spur manager



