CrimeNews

TZANEEN: Plaasaanval verdagtes bly sit-SAPS verskaf fotos

Drie verdagtes is verlede week in verband met die aanval op Christelle van der Merwe en haar twee kinders op die kleinhoewe Lushoff aangekeer.

Cornelius Chauke (24), John Mthetwa (25) en Shakes Lebepe (25) het voor die Tzaneen Magistraat verskyn op ‘n aanklag van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en huisbraak met die opset om te roof.

Lees:  LUSHOFF PLAASAANVAL: Drie verdagtes aangekeer, verskyn in hof vandag

Die verdagte Cornelius Chauke.

Mthetwa en Chauke is afkomstig van Zimbabwe en is nie in besit van ‘n paspoort nie.

Die verdagte, Shakes Lebepe.

‘n Vierde verdagte is vrygelaat as gevolg van onvoldoende bewyse teen hom.

PLAASAANVAL VERDAGTE: Die verdagte, John Mthetwa.

Die drie verdagtes sal weer Vrydag 7 April in die hof verskyn.

For more news your way, follow Letaba Herald  on Facebook and Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button