In die jongste voorval het ‘n plaasaanval vanmiddag in die Tarentaalrand omgewing op ‘n plot plaasgevind.
Volgens inligting het een van die slagoffers meswonde opgedoen tydens die aanval.
‘Twee verdagte persone het toegang tot die plot verkry deur ‘n wildsplaas heining te kruip. Die slagoffers is oorval in die huis en vasgebind. Die vrou is met ‘n mes in die nek gesteek,’ het een van die sekuriteits firmas aan die Herald gesê.
Die verdagtes het glo met selfone en motor sleutels gevlug.
‘n Helikopter is ontplooi en die verdagtes is glo tot in Mamitwa gevolg.
Letaba Herald verneem betroubaar dat die verdagtes nog nie aangekeer is nie.
Die vrou is opgeneem in MediClinic.
‘Die boeregemeenskap, sekuriteit firmas en die SAPD het baie goed saamgestaan. In die ander twee aanvalle is die verdagtes aangekeer,’ is aan Letaba Herald gesê.
Donderdag het ‘n plaasaanval en gyselaars drama om afgespeel op ‘n plaas in die Trichardsdal omgewing.
Vroeg Donderdagoggend was daar ook ‘n aanval in die Letsitele omgewing: klik op die skakel:
SAPS REPORT: Couple injured in yet another farm attack
Meer in volgende week se Letaba Herald.
Lees ook:
TZANEEN: Plaasaanval verdagtes bly sit-SAPS verskaf fotos
Nog ‘n plaasaanval ruk Tzaneen
For more news your way, follow Letaba Herald on Facebook and Twitter.



