Op vlak 0 het Dominique Bond vyf eersteplekke in die skole-afdeling behaal en algeheel eerste geeïndig.
Sy het ook ‘n derdeplek in die ope-afdeling behaal.
Op vlak 1 het Genevieve van der Merwe met haar perd, Bonnita, ‘n tweede- en eersteplek in die skole-afdeling behaal en eerste en vierde geeindig in die ope-afdeling.
Sy spog ook op vlak 2, met haar perd Foxtrot, met ‘n eerste-, tweede- en twee vierdeplekke in die skole-afdeling en ‘n eerste- en tweedeplek in die ope-afdeling.
Dawie van Jaarsveld het op vlak 2 met sy drie eersteplekke en een tweedeplek algeheel eerste geeïndig.

Hiermee skuif hy op na vlak 3 in die ope-afdeling en verwerf een eerste-, twee derde- en twee vierdeplekke.
Salome Lombaard het ook op vlak 2 deelgeneem en gesorg vir ‘n tweede- en twee vierdeplekke in die skole-afdeling.
Wandri Janse van Rensburg, op haar perd Pagan, het algeheel tweede in die vlak 2 skole-afdeling geeïndig met een eerste-, twee tweede- en ‘n derdeplek.
Sy behaal ook ‘n eerste- en tweedeplek in die ope-afdeling.
Vlak 3 “gamer”, Anri Janse van Rensburg het nie op haar laat wag nie en galop weg met vyf eersteplekke, en word gekroon as wenner in die skole-afdeling.
Sy is ook algehele wenner in die ope-afdeling met drie eersteplekke, ‘n derde- en vierdeplek.



