Verskeie individuele toesprake, sowel as voorlesers het gekompeteer. Die hoogtepunt was egter die ses groepredenaarspanne met baie interessante onderwerpe wie veral die beoordelaars beïndruk het.
Vreugdevure het hoog gebrand na die aankondiging dat al ses Plasie-spanne en individuele sprekers, Mariesa Schutte, Retief Fourie, Jamie Robertson, Heidi Swanepoel, Amelda Pretorius, Antje-Marise Lombard en Marlu McLean deurgedring het na die streekfinaal op 2 September.

Mariesa Schutte, Brett Richter, Michaela Elbrecht en Ruben Potgieter.

Kayla Schoeman, Jason Mellett, Bianca Elbrecht en Christelle Brummer.
Hoërskool Merensky is die enigste skool in die provinsie waarvan al die spanne deur is na die streekfinaal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



