NewsSchools

Plasie o/14’s oppad na Noordvaal

In twee uitspeelwedstryde by Curro Heuwelkruin buite Polokwane, het die o/14-dogters deurgedring na die Noordvaalkompetisie wat op 3 tot 5 Augustus in Nelspruit plaasvind.

Die naweek van 14 en 15 Junie het vir groot opwinding op die hokkieveld gesorg.

Die eerste wedstryd teen Hoërskool Frikkie Meyer het deurentyd gelykop verloop.

Die halftydtelling was 0-0, met ‘n eindtelling van 1-1. Na ‘n 8-sekonde doelskiet was die spanne steeds 2 elk, kop-aan-kop.

‘n “Sudden death” ronde het egter gesorg dat Frikkie Meyer na ‘n taai stryd 3-2 gewen het. Spelers van die wedstryd was Janke Basson, Emma Dalrymple-Hay en Nikita Pohl.

Emma Dalrymple-Hay.

Die volgende dag het die hokkiestokke weer geklap in ‘n wedstryd teen Hoërskool Ben Vorster, waartydens die twee spanne geveg het vir die derdeplek.

Teen halftyd het Ben Vorster 1-0 voorgeloop, maar die bordjies is vinnig in die tweede helfte verhang met uitmuntende spel deur die Plasiespan.

Hulle stap as oorwinnaars van die veld af met ‘n 3-1 telling.

PLASIE HOKKIE: Spelers van die wedstryd was Janke Basson, Emma Dalrymple-Hay en Nikita Pohl. Foto: Mariesa Schutte en Emma Dalrymple-Hay.

Palesa Shiluvane en Dezi Dreyer is uitgesonder as spelers van die wedstryd.

Hoërskool Merensky wens hierdie spogspan sterkte toe vir die Noordvaalstryd.

Voor van links: Palesa Shiluvane, Janke Basson en Emma Dalrymple-Hay. Middel: Annalene Rood, Kita Coppen, Nikita Pohl, Luné Fritz, Victory Mathebula en Nadia Claasen (afrigter). Agter: Mariesa Schutte, Rea Makgoba, Megan Jardine, Zuleika Ferns, Dezi Dreyer, Kyla van Zyl en Suné Hermann.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button