NewsSchools

“All Out”-hokkie op Plasieland

Hokkiespelers van Hoërskool Merensky het behoorlik fees gevier tydens die jaarlikse afsluitingsfunksie op Donderdag, 17 Augustus.

Die funksie het afgeskop met die beoordeling van 10 koeke – een vir elke span – wat die tema, All Out Hockey weerspieël het.

Die eerste seunshokkiespan se skepping het ‘n hokkieveld en eerstespantrui uitgebeeld.

Merensky se eerste seunsspan het soos kokke aangetrek tydens vanjaar se hokkie afsluitingsfunksie.

Tweedeplek word gedeel deur die tweede- en O/16-seunspanne.

Matrieks is gegroet en borge en ouers is bederf by hierdie pretfunksie.

Merensky se eerste meisiesspan het hul matrieks gegroet en afgesluit na ‘n suksesvolle jaar.

Prestasies om van kennis te neem is JJ Davis wat gekies is vir die SA-Bokkiespan en eerstespankaptein, Stefan Prinsloo, wat deel is van die Gazelle-span.

Die O/14-dogterspan is geprys oor die feit dat hul in die Noordvaal-finale gespeel het, die enigste O/14 Limpopo-span wat dit kon regkry.

Die O/14- en O/16-seunspanne het ook deurgedring na die Noordvaal-toernooi.

Merensky se hokkie afrigters vanjaar. Voor: Louis Fourie. Middel: Elri Verster, Anneke le Roux, Yvette Streicher en Lindi Britz. Agter: Jacques Vosloo, Izelle du Preez (seunsorganiseerder), Nadia Claasen, Anri Burger, Magnus Steyn (skoolhoof), Gretha van Staden, Merise Katzke, Nadia Last (dogtersorganiseerder) en Elzette Hay.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button