Local newsNews

Lino ernstig na beroerte

'Hy is nog glad nie uit gevaar uit nie...'

Lino de Carvalho, bekende sakeman van Tzaneen,  is Woensdagoggend  opgeneem met ‘n aneurisme in die Unitas hospitaal in Pretoria.

‘Hy is vanoggend 3uur met die ambulans oor geplaas Unitas toe. Daar gaan ons vir Dr Steyn sien wat so gou moontlik wil opereer,’ het sy vrou, Chantelle Woensdag op haar Facebook blad gepos.

Chantelle het die volgende nuus oor Lino uit Pretoria met Tzaneen se inwoners gedeel:

“Lino is uit die teater uit, hy het komplikasies gehad met die operasie en het ‘n beroerte gehad. Dit is ongelukkig ernstig, die eenkant van sy lyf is heeltemal geaffekteer sowel as sy spraak. Hy is baie gefrustreerd. Hy verstaan wat aangaan, maar hy kan nie reageer nie. Hulle kan nie vir hom medikasie gee vir die beroerte nie, want dan gaan sy aneurisme weer begin bloei, want hulle kon dit nie behandel nie. Dit is ‘n ‘catch 22’ situasie in hierdie stadium want hulle kan nie een van die twee goed behandel nie . Ons het geen indikasie van hoe lank dit gaan vat nie . Dit kan dalk ‘n baie lang storie wees.

Chantelle vra die gemeenskap om vir Lino gedurende hierdie tyd in hulle gebede op te dra.

‘Hy is nog glad nie uit gevaar uit nie,’ sê Chantelle.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button