NewsSchools

Vossies is Limpopo se Fast 5 netbalkampioene

Die O/15- en O/17-Limpopo Fast 5-netbalkampioenskap, wat op 2 September in Polokwane plaasgevind het, is hierdie jaar weer eens deur die Hoërskool Ben Vorster oorheers.

Die Vossies se O/15A-en O/17A-spanne het geen gelyke tydens die dag gehad nie en het as Limpopo wenners uit die stryd getree.

Die O/15B-span, wat teen hulle eie A-span in die finaal verloor het, is naaswenners en die O/17B-span het in die semi-finaal teen hulle susterspan verloor.

Die Vossies se O/15A-span het in hulle poel wedstryde Merensky 24-8, Northern Academy 35-6 en Tom Naude 35-8 gewen.

Hulle het in die semi-finaal teen Morwathebe gespeel en die wedstryd gemaklik 23-12 gewen.

Die O/15-finaal was ‘n stryd tussen ‘susterspanne’, met die Vossies se A- en B-spanne wat teen mekaar te staan gekom het. Die A-span het die wedstryd 25-12 gewen om as die Limpopo O/15-kampioene gekroon te word.

Die O/15B-span het in hulle optog tot die finaal met Heuwelkruin 21-2 afgereken en Nylstoom 24-14 en Morwathebe 18-17 gewen. Hulle semi-finaal wedstryd was teen Merensky wat hulle met 17-15 afgereken het.

Die Vossies se O/17A-span het gewys hoekom hulle die Nasionale Fast 5-kampioene is.

Hulle het in die poel wedstryde Merensky 25-16, Northern Academy 38-5 en Tom Naudé 27-7 gewen.

Hulle het in die semi-finaal teen Ben Vorster se O/17B-span te staan gekom en die wedstryd 26-14 gewen.

Hulle finaal was teen Heuwelkruin wat hulle 26-23 gewen het.

Dié wenners gaan gedurende die Oktober-skoolvakansie aan die Nasionale Kampioenskap in Vereeniging deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button