CrimeNews

TZANEEN: Skietvoorval en motorkaping ruk omgewing

'n Aanval op twee plaaswerkers in Gravelotte, en 'n motorkaping in Tzaneen het inwoners bekommerd.

Volgens inligting is twee plaaswerkers in die Gravelotte omgewing gisteraand op ‘n ou plaas van Koos Tolmay geskiet.

Die SAP beskik glo oor inliging oor wie die verdagtes moontlik kan wees.

Dit word in die stadium bloot as ‘n skietvoorval gesien, en nie ‘n plaasaanval per sy nie.

Die verdagtes is steeds op vrye voet.

In nog ‘n voorval is ‘n motor gekaap en ‘n gr 9 leerder van ‘n plaaslike hoërskool  in die been gewond by haar woning in die MediPark omgewing.

Die voertuig, ‘n wit Mercedes Benz C180 met  registrasie BPJ764L is gekaap.

Volgens betroubare inligting is die meisie met ‘n skoonwond in die Van Velden hospitaal opgeneem en sal in alle waarskynlikheid vandag onstlaan word.

Meer inliging volg soos dit beskikbaar raak.

Lees: NUUSFLITS: Gewapende rowers gesoek na plaasaanval

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button