Editor's choiceLocal newsNews

HOEDSPRUIT: Moet nie die belangrike vergadering mis nie

Die voorsitter van die Hoedspruit Dorpswag, Johan Potgieter, nooi die Hoedspruit gemeenskap na ‘n belangrike gemeenskapsvergadering uit.

Donderdag, 26 Oktober  is ‘n belangrike dag.

Die SAPD, Hoedspruit Dorpswag en Hoedspruit Plaaswag gaan gesamentlike aksies uitvoer.

Verskeie aksies, wat 09:45 voor die SAPD begin, gaan plaasvind en die aand om 18:00 by die Van Rensburgsaal gaan terugvoer gegee word.

Die gesamentlike aksie is ‘n baie sterk boodskap teen misdaad.

Die aksie sluit die deelname van verskeie polisiestasies in (“cluster”) en ‘n groot aantal polisielede gaan teenwoordig wees.

Dit sal verseker een van die grootste aksies van die aard wees wat Hoedspruit in ‘n lang tyd gesien het.

Potgieter het gesê dat die gesamentlike aksie ‘n duidelike bewys is dat ons as gemeenskap saam met die SAPD ernstig is om misdaad aan te spreek.

Goeie samewerking heers tussen die SAPD, Dorpswag en Plaaswag en dit maak dat ons gebied relatief minder misdaad ervaar as ander gebiede.

Elke inwoner van die gebied word versoek om die terugvoer-vergadering by te woon.

Generaal Scheepers en Generaal Ngobeni gaan ook teenwoordig wees.

As ons ernstig is oor die bekamping van misdaad, en veral plaasaanvalle en plaasmoorde, is dit noodsaaklik om die vergadering by te woon.

“Die SAPD doen baie moeite. Kom ons vat hande en wys dat ons ook bereid is om hiervan deel te word,” sluit Potgieter af.

Potgieter het elke inwoner by voorbaat bedank vir die ondersteuning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button