Local newsNews

Theo de Jager kry erelidmaatskap van Russiese Nasionale Landbou-unie

'Geskiedenis is gemaak toe hy erelidmaatskap van die Russiese Nasionale Landbou-unie (AKKOP), in Moskou, Rusland, ontvang het...'

Dienende bestuurslid van Agri Limpopo, Dr Theo de Jager, het op 18 Oktober geskiedenis gemaak toe hy erelidmaatskap van die Russiese Nasionale Landbou-unie (AKKOP), in Moskou, Rusland, ontvang het.

Dieselfde eer het hom net meer as ‘n jaar gelede tebeurt geval toe die CFU van Zimbabwe ook aan hom erelidmaatskap toegeken het.

Sover bekend is Dr de Jager die eerste en enigste landbouleier aan wie hierdie dubbele eer al toegeval het.

Die jongste eer volg kort nadat hy in Junie 2017 in Helsinki as president van die Wêreld Landbou Organisasie verkies is, wat opsigself ‘n groot prestasie vir enige landbouleier is.

Lees: Theo benoem vir Presidentskap

Volgens die president van Agri Limpopo, Leon Borsherds, behoort elke landbouer in Suid Afrika trots te wees op  Dr de Jager.

“Agri Limpopo se bestuur en lede wens Dr De Jager hartlik geluk met hierdie blyk van waardering wat deur die Russiese landbou-unie aan hom toegeken is by wyse van erelid-maatskap. Ons is trots op die prestasies wat hierdie landbouer uit Georges Valley in Limpopo, die een na die ander inryg. Dit is ‘n voorreg om hom as bestuurslid te hê. Theo voeg waarde toe oral waar hy betrokke is – daarvan kan ons in Limpopo getuig”, het Borcherds gesê.

Op navraag blyk dit dat die Russe besluit het om Dr de Jager te vereer vir die deurslaggewende rol wat hy gespeel het in onderhandelinge oor internasionale handel tussen Rusland en die res van die wêreld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button