NewsSchools

Al die eksamens is nou klaar vir die Vossies

Die Graad 12’s van die Hoërskool Ben Vorster het op 27 November die skoolbanke vaarwel geroep met die skryf van hulle laaste eksamen vraestel.

Die Vossies se klas van 2017 sal onthou word as ‘n jaargroep, wat hulle skool se naam op akademiese-, sport- en kulturele vlak hoog gehou het.

In 2017 was Hoërskool Ben Vorster dié skool in Limpopo, wat koning gekraai het as onder andere -dié top netbal-, krieket- en swemskool in die provinsie.

Hierdie matrieks het groot planne vir volgende jaar. Marna Booyens gaan besigheidstudies swot, Miha de Jager gaan haar as ‘n CA aan die universiteit van Stellenbosch kwalifiseer, Melissa Naudé is ingeskryf vir BSc biologiese wetenskappe by Tuks en Jonélle Oberholzer gaan tandheelkunde by Tuks swot.

Die eerste hokkiespan was Noordvaal-naaswenners, die eerste- en O/17-sewes rugbyspanne was Limpopo-naaswenners.

Die matrieks van 2017 het dit egter eens dat die gees, wat onder die groep geheers het, vir hulle die hoogtepunt van hulle vyf jaar in Hoërskool Ben Vorster was.

Hier is hegte vriendskapsbande gesmeë, wat hulle altyd sal behou, want as jy eenmaal ‘n Vossie was, is jy viraltyd ‘n Vossie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button