Local sportSport

Tweede Tunnel Trail Run in die reën geniet

Die tweede Tzaneen Tunnel Trail Run het op 25 November in deurdringende reën plaasgevind.

Die trail run het meer as 200 deelnemers oor plaas paaie, deur ‘n 1km lange treintonnel, oor ‘n treinbrug en verby ‘n dam vol seekoeie geneem.

Elkeen van die drie afstande, naamlik 6km, 12km en 25km bied die deelnemer ‘n besondere ervaring wat absoluut uniek is.

Die borge en die wenners van die 25km, van links: Andre Smit, Miami, J Mudau, dames wenner, Albert Smit, Falconwood en E Ramohleue, die mans wenner.

Die reën het die reeds uitdagende wedloop ‘n groter uitdaging vir die deelnemers gemaak. Sekere dele van die wedloop was op grondpaaie wat vol modder en baie glad was.

Die wedloop het by Falconwood Beverages begin en geëindig.

Die dames wat die 12km wedren gewen het, van links: Sylvia Smit (Falconwood), G Ramabele, T Mabasa.

P Sethowa het in 45min en 47sek weer die 12km wedloop gewen.

Hy het sy tyd van verlede jaar verbeter met meer as vyf minute.

Die mans wat die 25km wedren gewen het, van links voor: Albert Smit (Falconwood), Agter: T Peu, E Ramohleue, C Muchemwa.

Verlede jaar se dames wenner, T Mabasa het weer gewen en was ‘n sekond kort om die wedloop binne 60 minute te voltooi.

T Ramohleue het die 25km wedloop in 1:39:35 vir die tweede keer gewen en sy tyd verbeter. J Mudau het die dames wedren gewen in 2:19:00.

Die mans wat die 12km wedren gewen het, van links: L Peu, P Setowha, Andre Smit (Miami).

Die Tzaneen Marathon Klub wil graag Falconwood en Miami Canners bedank, asook almal wat gehelp het en die deelnemers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button