Local newsNews

HOEDSPRUIT: Motoris ernstig beseer na ongeluk op R40

VIDEO: 'n Man is na 'n ernstige ongeluk op die R40 per helikopter na 'n hospitaal gevlieg in Nelspruit.

Volgens inligting het die motoris drie motors probeer verbysteek op die R40 tussen Hoedspruit en Klasserie vanoggend, 22 Desember.

Die ongeluk het naby Kapama Reservaat se ingang gebeur.

Foto verskaf

Letaba Herald verneem dat die motoris glo ‘n kop aan kop botsing probeer vermy het met ‘n aankomende voertuig, nadat hy drie motors verbygesteek het, van die pad gejaag het en teen ‘n boom gebots het.

Video:

‘Hy is op die toneel gestabaliseer deur nooddienspersoneel, en daarna per helikopter na die Rob Ferreira hospitaal gevlieg in Nelspruit ,’ het Pieter Papsdorf van die Hoedspruit Plaaswag gesê.

Die motor het glo ook aan die brand geslaan na die botsing.

Die pad was vir ‘n ruk gesluit vir verkeer, maar is nou weer oop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button