Local newsNews
ELMA KRUGER: Huldeblyk aan ‘n Engel
Geliefde inwoner van Tzaneen, Elma Kruger is op 24 Desember oorlede. Die familie het die volgende huldeblyk saamgestel....
Elma Kruger 1949 – 2017
“Ons liefste moeder, Elma, is op Sondag, 24 Desember, op ‘n tragiese wyse van ons weggeneem.
Ons familie is in rou gedompel.
Al verstaan ons nie weet ons dat sy rustig by God se voete sit, dalk die orrel bespeel of die engele kore afrig.
Ons ma sal altyd by ons wees en steeds haar onvoorwaardelike liefde oor ons uitstort.
Sy was ‘n wonderlike eggenoot vir ons pa, ‘n alles-in-een -mamsie en ‘n engel vir vele. Rus sag tot ons verenig word.”
Haar gedenkdiens vind plaas op Saterdag, 6 Januarie om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk Tzaneen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



