Local newsNews

Paul sprei sy vlerke na 12 jaar

Na ‘n allemintige twaalfjaar se brandbestryding het die Letaba Fire Protection Association (LFPA) se helikoptervlieënier besluit om sy vlerke te sprei en verder te vlieg.

Paul Bester, ‘n gewese lugmag vlieënier, het in 2006 in syspaartyd by die LFPA brandbestryding met ‘n Alouette helikopter gedoen voor hy in 2008 met Bell Huey helikopters begin vlieg het.

Aan die einde van 2008 het hy uit die lugmag bedank en vir die destydse FFA (Forest Fire-fighting Association) gevlieg.

In die wintermaande was hy in Tzaneen by die LFPA gestasioneeren tydens die somermaande in die Kaap.

WATCH: VIDEO: Watch as Tzaneen fire-rescue rushes of to assist #KnysnaFire

Buiten die 100 ure wat hy met die Alouette gevlieg het, het hy ‘n bykomende 1 000 met die Bell Huey helikopter gevlieg tydens sy brandbestrydings dae. Buiten die helikopters vlieg hy ook vaste vlerk vliegtuie en sy persoonlike Gyrocopter.

Paul het die posisie as permanente vlieënier by ZZ2 aanvaar. Maar, hy sal steeds op ‘n deeltydse basis beskikbaar wees om vir die LFPA tevlieg.

Paul was die langsdiendende helikopter vlieënier by die LFPA. Hulle wens hom alle sterkte toe en sien daarna uit dat hy die LFPA nog af en toe gaan help met brandbestryding.

Die LFPA het steeds twee helikopters vir die komende brandseisoen beskikbaar, maar daar is nog geen amptelike besluit geneem oor wie Paul gaan vervang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button