Local newsNews

Tzaneen se bejaardes kuier weer saam in KNP

Die Hervormde Kerk se jaarlikse wildtuintoer was oudergewoonte weer 'n groot sukses en is geniet deur al die bejaardes wat op die uitstappie was.

Daar is vanjaar by Pretoriuskop tuisgegaan.

Vanjaar was uiters besonders en almal het dit terdeƫ geniet. Die gasvrouens het geen moeite ontsien met die etes nie, en almal kon smul aan wat voorgesit is.

Diere het hulle maar skaars gehou, maar nietemin het ‘n jagluiperd darem sy verskyning gemaak wat as ‘n hoogtepunt beskryf kan word.

‘n Trop baba olifante was ook ‘n hoogtepunt en die kameras is uitgeruk om die oomblik vas te vang.

Die Tzaneen gemeente behartig die adminastrasie van die toer jaarliks.

Namens die wildtuinkomitee wil hulle uit hulle harte die volgende persone en besighede bedank vir hulle welwillenheid en goeie gesindheid teenoor die gemeenskapstoer:

Hervormde Kerk Letsitele, Lannie Motors, PPS Petroleum, Henry en Jetty Christie, Chris van Coller, PW van Heerden, Piet Warren, Supa Quick, Marric Centre, Riaan Nel, OK Bazaars Tarentaalrand, Falconwood, Lufafa, slaghuis vir tonge, Tzaneen koelkamers, Sugarloaf, Venbeck, MediClinic, Pierre Brooderyk, Frans van Zyl, Frik Horak, Mahela, Ansie Opperman, Mariana Boshoff, Fruit & Veg, Sandra janse van Rensburg, Elske Lotz, Willie Kleynhans en George Kinnear vir avos, Margie Kleynhans, Marie Schoultz, Lorna van Allegraine en Chris Lombard vir ys en Donavan van Allesbeste.

Daar word met groot verwagting uitgesien na volgende jaar se toer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button