Afriforum deel Standpunte
Onteiening sonder vergoeding, sal beleggers vertroue skaad, wat n negatiewe impak om ekonomiese groei sal hê.
Afriforum het Donderdag, ‘n inligtings sessie by die Fairview Hotel aangebied, oor die moonlike wysiging van Artikel 25 van die Grondwet. Die wet sal voorsiening maak, vir die herverdeling van grond sonder vergoeding.
Wico Swanepoel, die regsadviseur vir plaaslike korrupsiesake by Afriforum, het die verrigtinge geopen met ‘n kort samevatting van die beoogde wysing van Artikel 25. Die standpunte van Afriforum ten opsigte hiervan is ondermeer die volgende:
Lees: Afriforum slaan toe op misdaad in Tzaneen, trek kriminele vas
Die huidige grondhervormingsproses is nie effektief nie. Restitusie (regstelling) word ondersteun, maar nie herverdeling van grond nie. Onteiening sonder vergoeding, sal beleggers vertroue skaad, wat n negatieweimpak om ekonomiese groei sal hê. Titelaktes moet uitgereik word aan begunstigdes, wat reeds op staatsgrond woon. Die regering se einddoel is om alle grond in staats besit te vestig. Volgens statistiek is 42% van alle grond in Limpopo reeds in staats besit of word dit dit deur die staat beheer. Ongeveer 70 lede van die publiek het die vergadering bygewoon, en die verrigtinge is afgesluit met n ‘vraag en antwoord’ sessie.



