CrimeNews

TZANEEN: Nog wildstropers vas

Die bestuurder van die verdagte voertuig, het toe probeer om die lede van die GPF met R500 om te koop om hulle te laat gaan.

Drie verdagte wildstropers in hegtenis geneem na agterdogtige optrede.

‘n Verdagte motor voertuig, is Woensdagmiddag, 4 Julie omstreeks 15:30 op die R530 tussen Ofcolaco en Mica deur boere van die omgewing opgemerk.

Die Ofcolaco Gemeenskaps Polisiërings Forum en Mica Plaaswag is in kennis gestel, en die het daar in geslaag om die voertuig met ses insittendes teen omstreeks 17:30 op die R36 net voor ‘The Oaks’ te stop.

Twee van die passasiers het geloop om water te gaan soek vir die voertuig wat klaarblyklik “warm” geword het.

Lees: Wildstropery buite beheer

Nadat die registrasie, onderstel en enjinnommers van die voertuig nagegaan is, is daar gevind dat die voertuig nie geregistreer of padvaardig is nie. Die Ofcolaco GPF het die kattebak van die voertuig oopgemaak, en ‘n rooibok en vlakvark karkasse is daar in gevind.

Die bestuurder van die verdagte voertuig, het toe probeer om die lede van die GPF met R500 om te koop om hulle te laat gaan.

Die Phalaborwa veediefstal eenheid en Hoedspruit polisie is geskakel en twee voertuie is uit gestuur waarna drie verdagtes in hegtenis geneem is.

Die verdagtes sal Donderdag in Hoedspruit in die hof verskyn op aanklagte van besit van ontwettige vleis en die vervoer van diere sonder n permit.

Die verdagte voertuig en vleis is geskud.

Die Ofcolaco GPF bedank die Hoedspruit SAPS, Kolonel Inbethe van Tzaneen ‘Cluster’ veediefstal eenheid en Adjudant offisier Maakana van die Phalaborwa veediefstal eenheid vir hul flinke optrede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button