NewsSchools

Skone Plasies word gekroon

Die ‘Grammy-Toekennings’ was nog nooit so opwindend soos tydens vanjaar se Mnr. en Mej. Merensky-kompetisie nie.

Op Maandag, 6 Augustus, het gaskunstenaars, Jo Foster en die groep Tussen Sterre, die gehoor aan hul voete gehad en die Merensky-skoolsaal se dak het behoorlik gelig met hul musiek, danspassies en oorspronklike lirieke.

Die finaliste het hul debuut buiging gemaak met ‘n groepdans op die liedjie ‘Fame.’

Onderluide aanmoediging en toejuiging het die paartjies hul informele klere vertoon.

Na die ys gebreek is het hulle laat waai met danspassies wat die gehoor stomgeslaan het. ‘n Paar manne en meisies se versteekte danstalente is ontbloot. Die finaliste het asemrowend gelyk in hul formele kleredrag en het die beoordelaars behoorlik laat kopkrap. In ware Plasiegees het Ryan Jackson, met ‘n gebreekte pelvis, steeds die loopplank braaf trotseer en toeskouers aan sy “krukke” gehad.

Die waardige draer van Mnr. Merensky 2018 titel, is die aantreklike Jan-Carel van Niekerk met die pragtige Kesia Pohl wat as Mej. Merensky 2018 en Mej. Fotogenies gekroon is. Eerste prins en prinses is Pieter Gouws en Steph-Marie de Lange. Tweede prins en prinses is Kieran Albertus en Liza-Ri Snyman.

Kieran se sjarmane het hom ook die titel, Mnr. Persoonlikheid, besorg en Luann Botha is aangewys as die mees fotogeniese man in Merensky. Mia Naude se waaghalsige danspassies en sprankelende persoonlikheid het haar die Mej. Persoonlikheid kroon besorg.

Mnr. en Mej. Merensky 2018 was ‘n aand vol glorie, glans en Grammy-‘glammer’ – beslis ‘n aand om te onthou!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button