Local newsNews

Bejaarde ontvang uitstekende diens in Tzaneen

Ingedagte neem die persoon toe slegs die boonste sak uit die trollie...

‘n Bejaarde inwoner van Mojadjieskloof het verlede Woensdag by Checkers in Tzaneen aangedoen om kruideniersware te koop.

Hy het gekoop wat hy nodig gehad het en die winkel verlaat met ‘n trollie waarin twee sakke met die items in was.

Die een sak is by die betaalpunt in die onderste kompartement van die trollie geplaas en die ander een bo in.

Ingedagte neem die persoon toe slegs die boonste sak uit die trollie en toe hy by die huis kom en die strokie na gaan, besef hy toe dat die sak in die onderste kompartement agter gebly het.

Die volgende dag het hy terug gegaan Checkers toe en aan die persoon wat by die deur van die winkel aan diens was, die situasie verduidelik.

Hy is gevra om ‘n paar minute te wag en terselfde tyd is ‘n stoel aan hom gegee om op te sit.

Na ongeveer tien minute het ‘n dame na hom toe gekom en gesĂȘ dat ‘n sekuriteitswag die sak wat hy die vorige dag vergeet het, in die trollie gekry het en ingehandig het.

Nadat sy die strokie by hom geneem het, het sy hom na die rakke vergesel en al die items wat op die strokie was wat hy in die trollie vergeet het van die rakke af vervang. Welgedaan Checkers Tzaneen!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button