CrimeNews

LETSITELE: Leeuwyfies vergiftig op Vorster wildsplaas

Drie volgroeide leeuwyfies is Saterdagnag / Sondagoggend vergiftig op die plaas Thiergarten van Francois Vorster.

Nog leeus vergiftig en vermink, vermoedelik met ‘n ‘muti’ motief.

Drie volgroeide leeuwyfies is Saterdagnag / Sondagoggend vergiftig op die plaas Thiergarten van Francois Vorster.

Die plaasvoorman het Sondagoggend op geknipte lyndrade afgekom en gaan ondersoek instel waar hy op die hartseer toneel afgekom het. Die koppe en pote van twee van die diere is verwyder, wat die vermoede laat ontstaan dat die ledemate vir ‘muti’ doeleindes verwyder is.

Lees: LETSITELE: More lions poisoned in apparent ‘muti-killings’

Die derde leeu is gevind maar geen ledemate is van haar verwyder nie.

Aasvoëls wat aan die karkasse begin vreet het, is ook dood aangetref. Lede van die bedreigde-spesie-eenheid, sowel as die anti-wildstroop eenheid is na die toneel ontbied, waar hulle monsters van die diere geneem het vir toetse en DNA ontleding.

Daar is nog nie sekerheid oor wat se gif gebruik is om die leeus dood te maak nie.

‘n Stuk vleis wat vermoedelik gebruik is om die gif aan die diere te gee is gevind en is ook ingehandig om getoets te word. Daar is tans nog geen leidrade gevind nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button