Local newsNews

OPVOLG: 56 van Johan se varke is gereed vir broodbak

Johann Coetzee van Hoërskool Merensky het ñ totaal van 56 bestellings vir sy varkie broodoonde gekry en hulle is almal klaar gesweis en gereed vir broodbak.

Hy is nou op datum met sy bestellings.

Lees:  TZANEEN: Die vark in Johan se verhaal het te doen met ‘n broodjie in sy oondjie

Hy het geswoeg en gesweet maar die varkies is klaar en heelwat is alreeds afgelewer aan tevrede klante.

Johan Coetzee spog met twee van sy varkies wat klaar gesweis is.

“Hy het baie hard gewerk om sy varkies op datum te kry, en hy het maar oor naweke in die oggend ure in die bed gekom. Maar nou kan hy maklik voor bly,” het sy ma aan die Herald vertel.

Lees: TZANEEN: Die varke in Johan se verhaal staan gereed vir broodbak

Hy bedank almal wat hom so goed ondersteun in sy onderneming om te sorg dat hy aan die Nasionale Landbou Skou te kan gaan deelneem.

Indien iemand ‘n varkie broodoond wil bestel, skakel gerus: 082 417 7231.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button