Local newsNewsSANParks

ATKV Eiland Spa sien die nood en help

Vir Bennie Steenkamp, oordbestuurder van ATKV Eiland Spa, is dit belangrik om mense se lewens aan te raak.

Met die initiatief van ATKV Spa en dmv die bewusmaking van die program ‘Good morning Angels’ op Jacaranda FM, het hulle verlede jaar bygedra tot die studiefonds van ‘n jong student, wie se ouer nie kon bekostig om haar te laat studeer nie. Die student presteer uitstekend en daar is toe besluit om haar in 2018 weer finansieël te ondersteun.

“Wanneer ‘n mens hoor van hierdie gevalle van nood, dan besef jy werklik hoe bevoorreg ons in die lewe is”

‘n Paar weke gelede het ‘Good morning Angels’ vertel van ‘Tshwane Haven’, ‘n toegvlugsoord vir hawelose en weggooi kindertjies.

Tans word 12 babas daar versorg en ongeveer tien bondels wasgoed moet daagliks gewas word en met slegs een wasmasjien, is dit ‘n opdraande stryd. Steenkamp en die Spa se harte het weer oopgegaan en ‘n bydrae is gemaak om nog ‘n wasmasjien aan te koop.

“Wanneer ‘n mens hoor van hierdie gevalle van nood, dan besef jy werklik hoe bevoorreg ons in die lewe is” het Bennie aan LETABA HERALD gesê.

“Soveel ou vriende het weer kontak gemaak nadat hulle van ons betrokkenheid gehoor het, en dit opsigself is ‘n bonus,” het Steenkamp verder vertel. Dankie aan ATKV Eiland Spa en Bennie Steenkamp vir julle ruimhartigheid om ‘n verskil in iemand se lewe te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button