EntertainmentLifestyle

Amanda Strydom roer Tzaneen se hartsnare vir goeie doel

Die aand is gehou as ‘n fondsinsamelingsprojek ten bate van die Nasionale organisasie – STOP TRAFFICKING.

Die BNI Letaba-tak was Vrydagaand, 14 September die aanbieders van die eenvrou musiekteaterstuk van een van Suid Afrika se mees bekroonde kunstenaars, aktrise,sanger en skrywer Amanda Strydom.

Die skreeusnaakse en tog ook hartverskeurende stuk “State of the Heart was die heel eerste eenvrou musiekteaterstuk uit Amanda Strydom se pen. Coenraad Rall se begeleiding op die elektroniese klavier was as’t ware die perfekte komplimenterende bygereg vir die hoofmaal, die hartseer verhaal van Maxie de Meyer, aanmekaar geweef met liedjies in Afrikaans, Engels, Frans, Zoeloe, Duits en Nederlands.

Die aand is gehou as ‘n fondsinsamelingsprojek ten bate van die Nasionale organisasie – STOP TRAFFICKING , wat tans baie aktief en suksevol in Tzaneen werksaam is.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button