NewsSchools

Plasies maak stem dik by ALFA Expo

Hoërskool Merensky het skoonskip gemaak tussen die 11 landbouskole wat die expo bygewoon het, en nege van die 12 pryse opgeraap.

‘n Uitgesoekte groep van Agri-Merensky het vanaf 18 tot 20 September die jaarlikse ALFA Expo (of African Lifestock Trade Fair) by die Afridome in Parys bygewoon.

Die vyf fokus areas gedurende die week was interras, slagos, jeug, veilings, sosiaal en landbou-ontwikkeling.

Die jeugfokus, vanaf skoolvlak tot op tersiêre vlak, se mikpunt was die intergrasie met die onderskeie landboubedrywe in Suid-Afrika.

Hoërskool Merensky het skoonskip gemaak tussen die 11 landbouskole wat die expo bygewoon het, en nege van die 12 pryse opgeraap.

Die volgende eersteplekke is aan Agri-Merensky toegeken: Senior vleisbees skoumanskap, Nicky Smith (graad 11); Junior boerbok skoumanskap, Dylan Hallatt (graad 8); Senior boerbok skoumanskap, Luandi Visagie (graad 9); Beste bemarkingsvoorlegging van die skool, Stefan Corbett (graad 11); Junior interras kampioenskap wen beste senior koei, Nicky Smit met Debra; Beste senior bul, Dominique Blandin de Chalain (graad 10) met Itai; Beste junior koei, Mia Sounce (graad 8) met Klein Mary.

‘n Uitstaande prestasie is die feit dat die Plasie-kuilvoerspan, in samewerking met Joubert Fourie van Limpopo Melkery in Louis Trichardt, as algehele wenner van sorghum in Suid-Afrika, asook wenner van die skole-afdeling gekroon is.

Hierdie prestasies toon dat Hoërskool Merensky se Agri-Merensky kampus in elke opsig van krag tot krag gaan en vir niemand terugstaan nie.

Die Agrispan het Sondag, 30 September vertrek na die Nasionale Jeugskou wat tot 3 Oktober by die skougronde in George, Wes-Kaap aangebied was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button