TZANEEN: R40 miljoen ontvang vir die opknapping van krag voorsiening
Van die fondse is glo reeds aangewend vir die aankoop van nuwe voertuie en die opskerping van sekuriteit by transformators.
‘n Bedrag van R40 miljoen is onlangs deur die Groter Tzaneen Munisipaliteit (GTM) ontvang van die Business Develpoment Bank of South Africa (DBSA), vir opgradering- en instanthoudings projekte mbt krag voorsiening.
Dit was een van die besprekingspunte tydens Agri Letaba se laaste ledevergadering vir 2018 wat op Woensdag, 21 November by die Melkstal te Hoërskool Merensky gehou is.
Die inligting is onlangs met lede van Agri Limpopo gedeel tydens ‘n vergadering met die Burgemeester van Tzaneen, Maripe Mangena en die Munisipale Bestuurder van die Groter Tzaneen Munisipaliteit (GTM), Thapelo Matlala.
Read: TZANEEN: Agri Expo bringing a change in food security
Van die fondse is glo reeds aangewend vir die aankoop van nuwe voertuie en die opskerping van sekuriteit by transformators.
‘n Groot probleem tot nou toe was die gebrek aan kommuniksaie vanaf die GTM na die boere toe maar Mangena het aan Matlala opdrag gegee om hieraan aandag te skenk.
Met die huidige invloei in die Tzaneen dam is bereken dat oor sewe weke slegs 10% water in die dam sal oor wees teenoor die 18.85% soos gemeet op 19 November.
Met die damwal projek wat tot stilstand gekom het en daar tans nog geen bevestiging is wanneer die projek hervat sal word of voltooi sal wees nie, is daar beslis rede tot kommer.
Agri Letaba en die Letaba Waterverbruikers Vereniging het ‘n versoek aan die (GTM) gerig om water beperkings in te stel maar dit is nie duidelik of die huidige beperkings wat in die residentieële gebiede van Tzaneen ingestel is, hierdeur gemotiveer is nie.
Die onwettige myn van sand in die Gravelotte / Harmonie area gaan onverpoost voort sonder dat die ekologiese impak wat daaruit spruit in ag geneem word.
Hoe minder sand daar in die rivierpoele is, hoe minder water word behou en dit gaan ‘n reuse impak hê op veral klein boere en die bevolking in landelike gebiede.
‘n Openbare deelname skrywe is vanaf Agri Letaba aan die Departement van Minerale Bronne gerig.
Read: TZANEEN: GTM host Agri Youth Expo
Daar is weer sterk klem gelê op die belangrikheid van koöperatiewe permitte en lede is ook versoek om seker te maak dat geldige woonpermitte in plek is.
Tans is daar nog geen aanvangsdatum aangekondig vir die implementering van ‘n beoogde minimum loon vir werkers nie maar daar word bespiegel dat Maart 2019 ‘n moontlikheid is.
Gaste wat die vergadering bygewoon het was Willem van Jaarsveld, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri Limpopo, Yolanda Groenewald, Bestuurslid van die Tzaneen se Sakekamer, Maritza Swanepoel van die Letaba Fire Protection Association en JP Le Riche van Black Box 7 wat ook as borg van die dag opgetree het.
Die eerste ledevergadering vir 2019 is geskeduleer vir vroeg Februarie wat ook sal dien as die tak se algemene jaarvergadering.



