NewsSchools

Vossie visse se vinne besorg medaljes

Die volgende Vossie-swemmers het vanaf 9 tot 14 Desember 2018 aan die SA-skole swemgala-kampioenskappe deelgeneem.

Dit het by Ellispark in Johannesburg plaasgevind en hulle het puik presteer!

Die uitslae was as volg: Ruan Hanaczeck-Kruger O/16: 1ste plek in 50m-borsslag, 1ste plek in 100m-borsslag, 1ste plek in 200m-IM, 1ste plek in 100m-vlinderslag, 1ste plek in 4x100mvryslag O/16-Limpopo aflosspan, 1ste plek in 4x50m-IM O/16-Limpopo aflosspan, 2de plek in 4x50m-vryslag O/16-Limpopo aflosspan. Met sy 6 goue medaljes en 1 silwermedalje verwerf Ruan verder die Senior Victor Ludorum titel tydens die Suid-Afrikaanse Skole Kampioenskappe en kwalifiseer hy vir die Suid-Afrikaanse Senior Nasionale Kampioenskappe.

Baie geluk, Ruan – dit is prestasies waarop jy kán trots wees! Erno Botha O/15: 4de plek in 50m-borsslag, 1ste plek in 100m-rugslag, 6de plek in 100m-borsslag, 8ste plek in 100m-vryslag, 3de plek in 4x100m-vryslag O/15-Limpopo aflosspan, 5de plek in 4x50mIM O/15-Limpopo aflosspan, 4de plek in 4x50m-vryslag O/15-Limpopo aflosspan. Baie geluk, Erno! Marnus Kruger O/14: 10de plek in 50m-borsslag, 10de plek in 100m-borsslag, 13de plek in 50m-vryslag, 5de plek in 4x100m-vryslag O/14-Limpopo aflosspan, 5de plek in 4x50m-IM O/14-Limpopo aflosspan. 5de plek in 4x50m-vryslag O/14-Limpopo aflosspan. Juan Meintjes O/13: 8ste plek in 100m-vryslag, 5de plek in 50m-vlinderslag, 3de plek in 50m-vryslag, 7de plek in 50m-rugslag, 8ste plek in 4x100m-vryslag O/13-Limpopo aflosspan, 7de plek in 4x50mIM O/13-Limpopo aflosspan, 8ste plek in 4x50m-vryslag O/13-Limpopo aflosspan. Nicola Van Heyningen O/16: 12de plek in 50m-vryslag. Kayla Olivier O/15: 16de plek in 50m-borsslag, 13de plek in 50m-vryslag, 10de plek in 50m-rugslag.

Baie geluk aan al hierdie swemmers. Die Vossies is ongelooflik trots op julle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button