Editor's choiceLocal newsNews

‘n Aerie op die highway…only in Africa, vertel ‘n Tzaneener

FOTOS: 'n Plaaslike inwoner, Eugene Fourie vertel dat die vliegtuig wat gister 'n noodlanding op die N1 moes maak, die laaste ding is wat hy verwag het oppad terug na Tzaneen toe.

‘Nee kyk, daai ou kan vlieg. Daar is ‘n kraglyn daar naby waar hy geland het.’

So vertel Fourie nadat hy en Jaco van Wyk Woensdag, 6 Maart op die N1 teruggekeer het na Tzaneen na ‘n besigheids besoek in Gauteng.

Lees: Light aircraft makes emergency landing on major Pretoria North highway

‘Ons het so gery-stop-gery-stop. Ons kon nie sien wat voor in die pad aangaan nie. Die verkeer het ook op ‘n stadium doodstil gestaan. Ons het maar gedink dis ‘n groot ongeluk,’ het Fourie aan die Herald vertel.

Foto: Eugene Fourie

Soos die verkeer weer begin aan beweeg het, was dit die laaste ding wat hulle op die N1 verwag het om verby te ry.

‘Mens verwag nie ‘n aeroplane op die N1 nie, only in Africa,’ vertel hy tong in die kies.

Fourie is van mening dat die vlieƫnier uiters bekwaam was om die vliegtuig veilig op die grond te kon kry met die noodlanding.

Foto: Eugene Fourie

“Nee kyk, daai ou kan vlieg. Daar was ‘n kraglyn baie naby waar hy geland het…”

Die Herald verneem dat die vlieenier, Johannes Moolman van die Moolman-groep Woensdag omstreeks 07:45 van die Wonderboom-lughawe opgestyg het.

Foto verskaf

Hy was oppad na Polokwane vir besigheid.

Die Piper Malibu Jetprop het glo skielik begin krag verloor op 5 790m (19 000vt.)

Moolman het die noodlanding veilig uitgevoer.

Niemand is in die voorval beseer nie, en volgens Moolman het die vliegtuig nie ‘n skrapie opgedoen nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button