Local newsNews

TZANEEN: Yestercars klub hou ‘Cars in the Park’ byeenkoms

Die Tzaneen Yestercar Club het gespog met 12 vierwiel-oues-van-dae.

Opgewondenheid het die eienaars van vergange dae se motors Sondagoggend beetgevat in die vars berg lug van Haenertsburg Sondagoggend, toe die veteraanmotorklubs van Tzaneen en Polokwane ‘n ‘Cars in the Park’ byeenkoms in die prentjiemooi naburige dorpie aangebied het.

Die weer wou nie regtig saam speel nie maar dit het nie die geesdrif gedemp van die teenwoordig nie.

Die Tzaneen Yestercar Club het gespog met 12 vierwiel oues van dae en Ondervoorsitter Cobie Kemp het verras toe hy met ‘n 1968 BMW R60/2 motorfiets opgedaag het.

Die fietse het diep spore getrap in Suid Afrika gedurende die laat sestiger en sewentiger jare aangesien die spesifieke model deur al die verkeersafdelings regoor die land in gebruik was.

Die Bosveld Auto Club Pietersburg het ietwat teleurgestel toe net vyf motors uit hulle stal opgedaag het maar hulle is heelhartig op tuisbodem ontvang.

Daar was heerlik gekuier en gesmul aan al die lekkernye wat uit die piekniekmandjies hul verskyning gemaak het.

Die Yestercar Club se volgende byeenkoms is op Sondag 14 April.

Vir enige navrae of om by die klub aan te sluit, skakel gerus vir Hennie Smit 083 259 2806 of Christa Smit 083 285 0664.

Hier is ‘n paar foto’s van die dag:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button