Local newsNews

Tuinbou vergader in pragtuin

Die Letaba Tuinbou Vereniging het Vrydagmiddag 22 Februarie hulle algemene jaarvergadering in die pragtuin van Susan en Dirk Scholtz in Tzaneen aangebied.

Susan het aan die 32 dames teenwoordig verduidelik sy het haar inspirasie vir haar bruggie in Ierland gekry, waar sy ‘n soortgelyke maar baie ou bruggie gesien het.
Terug by die huis het sy mooi beplan waar in haar twee hektaar tuin sy dit gaan oprig en met die konstruksie begin.

Die lede en gaste kon tydens die funksie oor die bruggie met ‘n kabbelende stroompie water wat onderdeur vloei, stap.

Die bruggie word bewonder.

Die tuingedeelte by die bruggie is nuut aangeplant en behoort na die winter reeds vol in blom te wees.

Volgens Cora Lubbe, die voorsitster, is dit ‘n unieke projek in ‘n Tzaneen-tuin en beslis baie besonder.

‘n Nuwekomitee vir 2019/20 is verkies en die voorsitter, Cora Lubbe, het die voorsitster stoel na 18 jaar aan Elize de la Rey en die nuwe komitee oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button