MunicipalNews

TZANEEN: Veer in die hoed vir 100% vullisterrein

Tzaneen se vullisterrein het die afgelope week ‘n groot pluimpie in die hoed gekry toe dit die enigste vullisterrein in Limpopo is wat 100% gekry het in ‘n eksterne oudit.

Die oudit is deur gekwalifiseerde persone van Afri-Forum gedoen.

Sommige terreine het 0% in die oudit gekry terwyl munisipaliteite soos Phalaborwa en Hoedspruit onderskeidelik 36% en 20% gekry het.

Slegs 4 uit 12 vullisterreine wat in Limpopo geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen.

Lees: Tzaneen’s War on Waste: Combating waste in rural areas

Die oudit bestaan uit ’n lys van 33 vrae wat die minimum vereistes vir vullisterreine in Suid-Afrika meet en sluit faktore soos toegangsbeheer, brande, mediese afval, omheining en rehabilitasie in.

’n Vullisterrein moet minstens 80% behaal om aan wetgewing te voldoen. Volgens David Rule, Afri-Forum se assistentkoördineerder vir Limpopo, is die meeste vullisterreine in die provinsie in ’n haglike toestand

“Die meeste vullisterreine is in ’n slegte toestand en dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die totale verval van munisipaliteite in dié provinsie. Wanbesteding en wanadministrasie is groot kwelpunte in die provinsie. Finansies word ondoeltreffend aangewend en die nodige masjinerie is weens onvoldoende instandhouding in verval.”

Rule sê voorts dat die afwesigheid van afvalbestuurslisensies en mediese afval wat onwettig op die terrein gestort word van die grootste probleme was wat Afri-Forum tydens dié oudit opgemerk het.

Afri-Forum-takke sal ook druk op owerhede in hul gebiede plaas om afvalmoniteringskomitees te stig om die afvalbestuursproses te verbeter.

Dié komitees sal bestaan uit munisipaliteite en belanghebbende partye wat vullisbestuur in die betrokke dorp wil verbeter.

Die ouditverslag sal ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek en optrede teen skuldige munisipaliteite. Afri-Forum sal die proses deurlopend moniteer om te verseker dat vullisterreine op peil gebring word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button