Local newsNews

‘Rus sag ons geliefde Ma Raai’

Geliefde Raaikie du Plessis is Maandagaand oorlede.

Die familie het die volgende huldeblyk saamgestel:

“Met die roep van die sagte skemerswind het Ma Raai haar ewige verheelikde liggaam gevind. Met wye draaie en swaaie huppel en dans sy nou deur die poorte van die hemel….

Gekroon in Sy ewige majesteit.

Vir 28 jaar het ma ‘n dapper stryd gevoer.

‘n Kryger soos min met n hart sag gevul met opregte, nederige, reine liefde!

Daar waar ma gewandel het, in pefekte ritme met Vader se hartklop, het ma altyd lewens aangeraak en sommer pens-en-pootjies in mense se harte geklim! By ma het ons geleer van aanhou glo, hoop en vertrou al was die wonde en eina’s soms so rou.

Ons veilige hawe en kalmte in die stom het ma elkeen van ons so uniek help vorm! Ons steunpilaar, raadgewer,anker, rigtingwyser, dogter, eggenoot, ma,ouma en vriendin, het meingte hulle roeping deur ma gevind. ‘n Poort tot heelmaking was ma vir menigte Geklee in Sy glorie en onvoorwaardelike liefde!

Al is ons harte stukkend, leeg en seer weet ons dat alles gebeur tot God se eer! En daarop sal ons bly staan, vashou en glo! Rus sag ons geliefde Ma Raai tot weersiens ons mekaar weer sal ontmoet. Geliefd en geseend sal ma wees.

Baie liefde. Jou Lief Willie, Ma Maureen, Pieter en Claudi, Gertjie en Sharon, Boela en ouma se drie pikkewyne, Devon, Tyra en Jayden

Die roudiens vir Raaikie du Plessis vind plaas op Saterdag 6 Julie om 12:00 vanuit die Hervormde kerk in Tzaneen.

Die familie bedank almal vir al die omgee, oproepe en gebed oor die afgelope drie maande.

“Ons waardeer dit ongelooflik baie,” sê die familie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button