Local newsNews

Dan word dankbaarheid soveel meer

Wanneer jy iemand help en jy ervaar hul dankbaarheid dan word jou dankbaarheid soveel meer en jy besef net weer hoe groot is God se genade.

So vertel Riekie Smth aan Bertus de Bruyn. Riekie is die vrou met die goue hart wat Solidariteit Helpende Hand se leisels vashou as voorsitter. Sy is al vir 35 jaar gelukkig in die eg verbind met Koos en woon alreeds 35 jaar in Tzaneen.

Tzaneener in murg en been, en soos sy dit stel, het hulle kom groot word in die tropiese paradys.

“Ons is geseënd met ‘n pragtige dogter, Nadine en sy is getroud met Gericke du Plessis. Hul seuntjie Xander is ouma se oogappel en hy is nou twee jaar oud en ek dink hy is die slimste en oulikste seuntjie in die heelal. Die familie is almal werksaaam by hulle besigheid Smit &Kie Makelaars. Koos is Besturendedirekteur.

Riekie hanteer die menslike hulpbronne afdeling en voldoening, Nadine die finansies en adminastratiewe prosesse en Gericke is ‘n bemarker. Riekie se passie was nog altyd om mense te help en te ontwikkel tot hulle volle potensiaal. Smit was voorheen deel van Dames Aktueel.

“Ons tak het toe ‘n besluit geneem om deel te word van Solidariteit se Helpende Hand. Helpende Hand is persone met groot goue harte en, voel Riekie, dat hulle net soveel meer kan doen vir die gemeenskap met hulle ondersteuning. Daar is tog genot, sê Riekie wanneer jy hulp verleen.

“Wanneer jy iemand help en jy ervaar hul dankbaarheid dan word jou dankbaarheid soveel meer en jy besef net weer hoe groot is God se genade,” vertel sy. Helpende Hand se leuse” ‘Voorkom Verlig en Verbreek van armoede is ook hulle passie. “Deur opleiding voorkom en verbreek jy armoede. Ons tak se studiefonds is daar om jongmense uit ons gemeenskap by te staan met hul studies. Om armoede te verlig moet ons mense help om hulself te kan help en so behou hulle hul waardigheid. Dit maak mos meer sin om vir ‘n instansie bydrae te gee wat mense kan bystaan in hul nood as om iemand op die straathoek geld in die hand te stop en jy weet nie waarvoor gaan hulle die geld gebruik nie,” vertel sy.

Hulle is ook nou betrokke by die gemeenskap se bejaardes. En die jaarlikse ouma en oupa dag is altyd ‘n hoogtepunt. “Ou mensies geniet kleinkindertjies en met Oupa en Ouma dag om die sagtheid en geluk in hulle oë te sien wanneer hulle die kleuters se konsert kyk maak dit alles die moeite werd.”

Helpende Hand se Tassieprojek het in 2007 begin. Skooltassies met skryfbehoeftes word aan behoeftige graad-eens geskenk.

“Uit die projek het ons Verjaardagmaatjie-projek ontstaan. Met die maatjie se verjaardag neem ons vir hul en die klasmaatjies kolwyntjies en ses ekstra kolwyntjies om huistoe te neem. Ons sing vir die maatjie en hy/sy blaas die kersies uit en ontvang ook ‘n opvoedkundige en ‘n spesiale geskenkie. Almal wil mos maar spesiaal voel met jou verjaardag en om die opgewonde gesiggies te ervaar laat jou hart warm klop en bring trane in jou oë,’ vertel sy emosioneel.

Maar dit is ook behoeftige matriek meisies waar hulp verleen word.

“Ons Matriekafskeidprojek is baie spesiaal. Ons doen dit seker nou al 10 jaar en ons tak se lede is elke jaar omtrent net so opgewonde soos die matriekleerling wat ons bystaan. Baie keer het die dogter nie ‘n ma om saam met haar opgewonde te wees met die voorbereiding. Op die dag van die matriekafskeid is dit baie spesiaal. Die lekkerste lekker is wanneer sy haarself in die spieël sien en sê ‘Wow ek was nog nooit so mooi nie’. Dit gee Riekie hoendervleis, vertel sy. “Ons het wonderlike mense in Tzaneen wat ons elke jaar bystaan om hierdie wondelike projek moontlik te maak.” Dat die nood onder behoeftiges groot is in Tzaneen bly glo groei. “Ek kan nie presies sê hoeveel behoeftige gesinne daar is maar ons ervaar dat behoeftige gesinne toeneem.”

Hulle fokus ook op koshuisleerders waar daar nood is. “Daar is baie behoeftige kinders en die koshuis wat nie subsidie ontvang nie. Op die oomblik ondersteun ons so ses kinders met basiese behoeftes. Mense kontak ons deur Facebook of skakel van ons lede. Ons stuur vir hul ‘n assesseringsvorm wat hul voltooi en sodoende word die behoefte bepaal,” verduidelik Riekie. En wanneer Riekie nie haar hart groot maak vir die behoeftiges saam nie raak sy kreatief. “Ek het so kreatiewe streep in my, en geniet om kunsgoed te doen. Ek is lief vir tuinmaak en ‘n Saterdag in die tuin maak jou kop weer skoon.”

Maar die emosie lê soms vlak.

“‘n Mens se hart huil baie veral by kinders en oumense. Jy wens jy kan hul omstandighede vir hul omkeer en dis ook ‘n dryf wat jou laat aanhou om ‘n verskil te maak. Helpende Hand bestaan tans uit 15 lede waarvan Riekie voorsitter is. Haar ander ‘hande’ is Elsabe Vorster, Nadine du Plessis, Chantè Lamprecht, Elna Gouws, Adèle Groenewald, Anè Lombard, Elize Botha, Hantie Vosloo, Marietjie Naudè, Nesta Botha, Ria le Grange, Sandarie Boshoff, Suzanne Malan en Wilma Bredenkamp ‘Ons lede het groot sagte harte en veral kinders lê almal na aan die hart en om om te gee is ons passie.”

Vrouens kan ‘n verskil maak in hul gemeenskap vertel sy.

“Vroue is versorgers en met hul fyn oog kan hul behoeftes raaksien en ‘n plan beraam om te help. As jy iets wil sê gee dit vir ‘n man maar as jy iets gedoen wil hê gee dit vir ‘n vrou. Vroue is geestelik baie sterk en kan vyf goed gelyk doen. Dit is krag.”

Net so vertel sy maar sy gaan verder.

“Ons kan aandete maak, kinders help met huiswerk, die volgende dag se broodjies pak, manlief se bril wat soek is vind en die baba bad en hond kos gee.” Riekie het ‘n spesiale boodskap aan al die vrouens van Tzaneen.

“Wees jouself. God het jou uniek en spesiaal gemaak. Koester dit. Wees jy die vrou wat ‘n verskil maak. Moeder Theresa het gesê: ‘Dit is nie wat jy doen nie maar met hoeveel liefde jy dit doen’, en om ‘n dankbaarheids lewe te leef maak ‘n groot verskil.” sluit sy af met die wyse woorde.

Riekie, die vrou met ‘n hart vir omgee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button