Local newsNews

Plaaslike produsente hang in Berlyn uit

Fruit Logistica-handelskou is dié bymekaarkomplek vir produsente in die groente- en vrugtebedryf en Tzaneen was goed verteenwoordig.

Heelparty plaaslike produsente in die landboubedryf het vanjaar weer eens die Fruit Logistica-handelskou in Duitsland bygewoon.

Die konferensie word in Berlyn gehou en word as dié netwerk-geleentheid in die groente- en vrugtebedryf beskou.

Leandré Mynhardt van Afrupro het ‘n drie maande-lange advertensieveldtog op die aanlyntydskrif en webtuiste, freshfruitprotal.com, tydens dié handelskou gewen.

Afrupro is verteenwoordig deur Simon Tattersall, hoofbestuurder, Brenda Greyvenstein, bemarkingsbestuurder en Mynhardt. Hulle het vergaderings met kliënte van regoor die wêreld gehad.

“Ons het ook die wêreldavokado-organisasie (WAO) se jaarlikse vergadering by die Ritz-Carlton in Berlyn bygewoon,” vertel sy.

 

LEES OOK: DIT WAS WEEREENS AVOLICIOUS

 

Plaaslike avokadoprodusent, Allesbeste, was ook in Berlyn. “Ons het ‘n goeie Fruit Logistica gehad, ons het vergaderings gehad wat al ons verwagtinge oortref het en kontakte gemaak met die regte mense op die regte plekke. Daar is ‘n nuwe pad wat voorlê vir die komende seisoen met nuwe rolspelers wat die pad saam wil stap, en natuurlik bestaande kliënte wat weer die pad gaan stap,” sê Donovan Lewis van Allesbeste.

 

Donovan Lewis van Allesbeste.

“Fruit Logistica is een van dié gebeure in die groente- en vrugtebedryf, dis hier waar planne gemaak word, besigheidstransaksies geklink word, alles met die eindverbruiker in gedagte. Hier word die seisoen wat verby is gemeet aan pryse, tonnemaat en verspreiding en die plan vir die nuwe seisoen uiteengesit. Maluma se seisoen vir 2020 lyk baie goed, sê Lewis.

ZZ2 is verteenwoordig deur Burtie van Zyl, Clive Garrett en Piet Prinsloo.

• Fruit Logistica in perspektief: Daar was 93 lande verteenwoordig as uitstallers en 135 lande as besoekers, die area waarin dit plaasvind is 137504 vierkante meter en daar is ongeveer 80 000 besoekers wat die skou bywoon met 3200 uitstallers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button