GalleriesHigh SchoolKidsNewsSchoolsSchools galleries

Hoërskool Merensky deel dosyne pryse uit vir presteerders

Die 2020 akademiese-, kultuur- en uitsonderlike sportprestasie-prysuitdeling van Hoërskool Merensky het op 15 April in die Byekorf tydens twee sessies plaasgevind.

Behalwe dat tientalle leerders vir 2020 se akademiese prestasies vereer is tydens hierdie spoggeleentheid, is ‘n verskeidenheid spesiale toekennings is ook gemaak.

Die pryse is deur Magnus Steyn, skoolhoof, oorhandig.

Kishan Patel, beste IT-leerder, gr.11.

Anika du Toit verwerf die junior landbou-ambassadeurstrofee. Ruzanne Koekemoer was die beste junior en Keynan Fox die beste senior redenaar.

Emma Dalrymple-Hay, gr.11 Dux-leerder.

Donia Smit is die junior victrix ludorum en Amelia Booth die senior victrix ludorum vir hul swemprestasies in 2020.

Kenyan Fox, beste senior redenaar.

Die Adopt-a-geniustutor van die jaar was Joné du Toit met meer as 60 ure diens.

Akademiese erepennings is aan die top 3 leerders in elke graad toegeken.

Meline Roux, gr.8 Dux-leerder.

Vir einde graad 8 het Meliné Roux brons ontvang met ‘n 90% gemiddeld.

Lees ook: Makelaar bou voort op nalatenskap

Ramona van Heerden, gr.8 Dux-leerder

Keira Booth ontvang silwer met ‘n 94% gemiddeld en Ramona van Heerden se 95% besorg aan haar die goud en die graad 8 Dux-trofee.

Ruzanne Koekemoer, beste junior redenaar.

Nic de Beer en Zahraa Khan het vir einde graad 9 brons ontvang (90% gemiddeld), Tylor Nel silwer (92% gemiddeld) en Drikus du Toit goud (94% gemiddeld).

Drikus ontvang ook die graad 9 DUX-trofee.

In die 2020 graad 10-groep het Janke Joubert brons ontvang (86% gemiddeld), met Ilanie de Bruyn en Luané Maré wat met goud (88% gemiddeld) en die Dux-trofee wegstap.

Drikus du Toit, gr. 9 Dux-leerder.

In graad 11 het ‘n 87% gemiddeld aan Charlize Krause die brons erepenning besorg, terwyl Mariesa Schutte se 90% gemiddeld silwer werd was en Emma Dalrymple-Hay (hierdie jaar se hoofdogter) spog met die goud en die Dux-trofee met ‘n gemiddeld van 92%.

Spesiale vaktoekennings is ook gemaak aan Kishan Patel vir sy 89% in Informasietegnologie en Emma Dalrymple-Hay vir beide Wiskunde en Fisiese Wetenskappe met 95%.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button