Local newsNews

83 neem deel aan Agri-Merensky se eerste jeugskou

Agri-Merensky se skouring het onlangs behoorlik gewemel van opgewonde mense en ‘n verskeidenheid diere.

83 lede van Agri-Merensky het ingeskryf om aan die eerste Plasie Jeugskou van 2021 deel te neem, waar daar in verskeie klasse gekompeteer is.

Elke deelnemer het vroegoggend ‘n teoretiese toets afgelê, wat 20% op die dag se puntestaat verteenwoordig het.

Die was van hul diere het 15% getel, die voorbereiding ook 15% en die oorblywende 50% is bymekaargemaak tydens die praktiese skoumanskap.

Junior vleisskape: Muller Boshoff, Ruhan de Bruin (1e), Joubert Fourie.

Kundige beoordelaars het in elke afdeling die Plasies se deelname getakseer.

In die vleisbeesafdeling was Francois Blandin de Chalain en Pieter Gerber aan die stuur van sake.

Lees ook: Agri-Merensky pronk met ‘n bulk tydens skou

Die vleisskape is beoordeel deur Joubert Fourie en die wolskape deur Jannie Badenhorst van Hoërskool Bekker.

Die boerbokbeoordeling het onder AJ Fourie se wakende oog geskied, terwyl Rosie Badenhorst van Hoërskool Bekker die melkbokke beoordeel het.

Dylan Hallat (1e senior boerbokke en algehele senior wenner).

Die konyne is beoordeel deur Nelmarie van Staden, terwyl Charles Smit die pluimveeafdeling behartig het.

Hennie Prinsloo van Hoërskool Settlers het die smaaklike voorreg gehad om die kulinêre kunste te beoordeel.

Die beste senior prestasie vir die dag het aan Dylan Hallatt in graad 11 wat 91% in die boerbokafdeling verwerf het, behoort.

DJ Basson in graad 8 se 87% in die vleisbeesafdeling het aan hom die beste junior prestasie besorg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button