Local newsNews

‘Waterstropers’ word gefnuik

Samewerking het 'n wen-wen uitslag ingehou vir die inwoners van Letsitele en die Groter Tzaneense Munisipaliteit (GTM) toe hulle saamgespan het om brandkrane in die dorp te beskerm teen beskadiging en sodoende ook 'waterstropers' te fnuik.

Luidens Ben van Coller, inwoner en sakeman van Letsitele, sukkel inwoners al meer as ‘n jaar en ‘n half om te voorkom dat watertenktrokke vragte water by brandkrane voltap om te verkoop in die omliggende gebiede. Die watertenktrokke tap 10 000 liter per vrag uit die brandkrane en dit laat inwoners gereeld sonder enige water op die dorp siende dat die reservoir leeggetap word.

Volgens Van Coller bel Letsitele se inwoners hom of Wicus Swart wanneer daar probleme op die dorp is, hetsy water, elektries of inbrake. “Die situasie vererger wanneer daar beurtkrag toegepas word siende dat Letsitele se suiweringsaanleg nie ‘n kragopwekker het vir die pompe nie,” verduidelik Van Coller. Volgens GTM PR-raadslid, Chrisma Bredenkamp, het daar ongeveer 19 trokke daagliks tot drie maal elk water getap by brandkrane op Letsitele.

“Soos die trokke water getap het, het hulle ook net so baie gemors en die infrastruktuur beskadig,” vertel Bredenkamp. Luidens Bredenkamp word die water teen R1 per liter verkoop in omliggende gebiede. “As ‘n trok drie maal per dag volgemaak word is dit dan R30 000 per dag.

Also read: Water ‘poachers’ anger residents

“Hierdie geld kom die munisipaliteit toe en uit die aard van die saak word dit ook nie aan SARS verklaar nie, dít terwyl die inwoners wat wel vir hulle water betaal, nie water in die aande het nie,” verduidelik Bredenkamp. Die GTM het volgens Van Coller in Desember laasjaar hulself daartoe verbind om ‘n vulpunt in Tzaneen te bou vir die watertenktrokke wat water aanry na die omliggende gebiede.

Die Herald het twee weke gelede berig dat die vulpunt naby die werkswinkel by Talana Hostel in Koedoestraat die enigste wettige vulpunt vir dié watertenktrokke is. Van Coller het verlede Maandag terwyl hulle deur die dorp gery het om kwelpunte te identifiseer ‘n waterstroper op heter daad betrap.

“Ons het gesien hoe iemand peuter aan die kraan en hoe hy besig was om die brandkraan oop te sny met ‘n ystersaag, daar het ‘n hamer en tange rondgelê,” vertel Van Coller. Die volgende dag het Van Coller, Bredenkamp, Tedia Molewa (hoof van water en sanitasie by GTM,) Kenny Makhubele (GTM) en DA-wykraadslid, Chrizél Dreyer, die saak met die Letsitelepolisiebevelvoerder, kol.

MP Mkhasi, bespreek. Die groep het toe ‘n kreatiewe oplossing tot die probleem gevind deur ‘n toestel te gebruik wat die brandkrane sluit om waterstropery te voorkom. Volgens Bredenkamp is die voorstel eenparig aanvaar en is die probleem opgelos waar al die partye om die tafel was. Swart van Sprayrite sal die toestelle maak en borg.

“Dit is ‘n wen-wen situasie met almal wat saamstaan. “Sleutels na die brandkrane word dan op veilige en strategiese plekke gestoor en kan steeds in ‘n noodtoestand bekom word,” verduidelik Van Coller. Bredenkamp en Van Coller bedank Molewa, Makhubele, Dreyer, Mkhasi en Swart namens die Letsitele-inwoners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button