Local newsNews

Letaba DBV in kontanknyp

Die Letaba Dierebeskermingsvereniging (DBV) het nog net genoeg geld oor om vir twee maande hul deure oop te hou.

Volgens Ellie Potgieter, inspekteur by die DBV, is dit die eerste keer in sestien jaar wat sy by die organisasie betrokke is wat sy uitreik na individue op die dorp en in die omgewing om vir hulp te vra. “Ons het streng gesproke nog net twee maande se finansies vir lopende uitgawes dan sal ons die liefdadigheidsorganisasie moet toemaak,” sê Potgieter.

Sy sê die maandelikse kostes om alle lopende uitgawes te dra is R38 000. “Ons word goed ondersteun deur die publiek met kos vir ons diere, maar ons fondse is nie goed nie. Ons vind dat gereelde gelddonateurs ook minder gee, of net hul befondsing staak weens die moeilike finansiële tye waarin almal verkeer,” het Potgieter aan die Herald gesê.

Hoewel die DBV se perseel op die Agathapad net buite Tzaneen geleë is, werk hulle sover as Letsitele, Nkowankowa, Lenyenye, Harmonie, Haenerstburg, Lemondokop, Mooketsi, Marobeng (Soekmekaar), Modjadjiskloof, Ofcolaco en Kgapane. Hulle is ook die enigste lokale skut vir die Groter Tzaneense Munisipaliteit. “Ons het al vele kere onderhandel onderhandel vir ‘n bedrag om alle diere in die areas te hanteer.

Also read: SPCA fate in the balance

“Ons ontvang R8333.33 van die GTM, maar nie eers altyd maandeliks nie. Hulle betaal party maande niks nie en dan weer na drie maande iets. Die bedrag van GTM dra nie eintlik veel by nie, ons munisipale rekening draai om en by R6 500 per maand. So dis van geen bewese hulp nie,” sê Potgieter. Sy sê dat hulle wel weer die GTM gaan nader om ‘n vergadering te reël om die probleme te probeer uitstryk.

“Ons werk saam met ‘n prokureursfirma wat gratis aan ons ‘n diens verskaf om die probleem met GTM aan te spreek. Hulle sukkel egter om die vergadering gereël te kry, en indien dit wel gereël word, daag die betrokke personeel nie op nie.” Potgieter sê dat sy dikwels ook vir mense wie weens die Covid-19- pandemie finansieel swaar trek en nie meer hul troeteldiere kan versorg nie, kos aanry.

“Covid-19 het ons hard geslaan. Ons was as noodsaaklike dienste geklassifiseer en moes aanhou werk terwyl ons inkomste opgedroog het.” Nog ‘n groot slag vir hulle kontantvloei was toe hulle hul boekwinkel moes skuif vanaf die Lifestyle-inkopiesentrum. “Ons boekwinkel se inkomste het na die trek na die Oasis Mall in Aqua-rylaan, waar daar geen besigheid of voete is nie, met meer as die helfte geval as wat
ons in die verlede genereer het.”

Ook hul aansoek wat in November verlede jaar vir geld vanaf die Lotto ingedien is, het nie enige vrugte afgewerp nie. “Ons het in Maart ‘n brief ontvang waarin hulle ons meegedeel het dat hulle fondse uitgeput is.” Sy sê die DBV werk onder streng beheer van die nasionale raad vir DBV’s en dat hul finansiële state oop is vir enigeen van die publiek om te besigtig. “Donateurs kan ook ‘n belastingkorting op donasies aan die DBV ontvang.

Ons het ‘n belastingvrywaringsnommer waarteen donasies teen ‘n persentasie-afslag toegestaan word,” sê sy. “Die ideale bydrae vir ons is
‘n maandelikse aftrekking na ons rekening vir ons oorhoofse uitgawes.” Vir meer inligting, of inwoners wat wil betrokke raak by die DBV, kontak 015 307 2611, of e-pos [email protected]. Die DBV het ook ‘n mobiele koswaentjie wat hulle wil verkoop. Belangstellendes kan hulle kontak vir meer besonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button