Local news

Tyler se sus ‘n gepaste skenker

Dit gaan goed met die agtjarige Tzaneense leukemielyer, Tyler McGaffin.

Nie net is Tyler se sussie, Caley, as ‘n gepaste skenker getoets vir die beenmurg-oorplanting wat hy moet kry nie, maar hy is weer in remissie. Tans ontvang Tyler weekliks chemoterapie en is op ‘n program om hom vir die oorplanting voor te berei, sê Tyler se ma, Simoné. Hulle bly tans in Pretoria om naby sy dokters en Unitas-hospitaal te wees waar hy behandel word. Tyler is drie jaar gelede tydens die Covid-19 pandemie met leukemie gediagnoseer.

Lees ook: Terugslag vir Tyler

Hy het sedertdien maandeliks voorkomende chemoterapie ontvang en daagliks ‘n chemo-pil gedrink. Daar is ook elke derde maand ‘n spinale tap gedoen en hy het elke maand vir bloedtoetse gegaan. Hy was in remissie toe hy einde Maart ‘n terugslag beleef het nadat hy rugpyn ondervind het. Toetse het kankerselle gewys en hulle is op 27 Maart deur sy onkoloog, prof. Fareed Omar, ingelig dat Tyler ‘n beenmurgoorplanting nodig het.

Daar is toe besluit om vir Caley te toets as skenker en volgens Simoné is Caley ‘n 100% skenker. “Dit is nou belangrik om Tyler en Caley gesond te hou tot en met die oorplanting,” sê Simoné. Sy sê die laaste paar weke was uitdagend en ‘n emosioneel moeilik. “Maar ons is amper daar. Dankie vir elkeen se boodskap, dit word opreg waardeer,” sê Simoné. Intussen het Tyler se neef, Dillen McGaffin, wat in Engeland woon op 21 April die Londenmarathon voltooi. Hy is deur Tyler geïnspireer om die resies ter ondersteuning van CHOC te hardloop.

Dillen McGaffin het die Londenmarathon voltooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button