Local news

‘Ek voel nogal goed Pa’

Na ‘n moeilike paar maande om die Tzaneense kankerlyertjie, Tyler McGaffin ( 8 ), vir ‘n beenmurgoorplanting voor te berei, het dié vegtertjie verlede Vrydag die prosedure ondergaan.

Die beenmurg is deur sy kleinsus, die vierjarige Caley, geskenk. Tyler is drie jaar gelede tydens die Covid-19-pandemie met leukemie gediagnoseer. Hy het sedertdien maandeliks voorkomende chemoterapie ontvang en het daagliks ‘n chemopil gedrink. Daar is ook elke derde maand ‘n spinale tap gedoen en hy het elke maand vir bloedtoetse gegaan. Hy was in remissie toe hy einde Maart ‘n terugslag beleef het nadat hy rugpyn ondervind het. Toetse het kankerselle gewys en sy ouers, Simoné en Devon McGaffin, is op 27 Maart deur sy onkoloog, prof.

Lees ook: Tyler se sus ‘n gepaste skenker

Fareed Omar, ingelig dat Tyler ‘n beenmurgoorplanting nodig het. Caley het as ‘n 100%-skenker getoets. Tyler en Caley moes die afgelope maande baie goed opgepas word om te sorg dat hulle nie siek word voor die prosedure nie. Tyler was vir dae aaneen in afsondering by Unitas-hospitaal in Pretoria en het groot dosisse chemoterapie en ses sessies bestraling ondergaan om seker te maak hy is gereed vir die oorplanting. Volgens Devon sal verlede Vrydag vir altyd in die geheue van hul gesin ingeprent wees.

“Caley het die beenmurgoesprosedure by die PretoriaOos-hospitaal ondergaan en die beenmurg is toe later dieselfde dag na Unitas-hospitaal oorgeplaas,” het Devon vertel. Twee onkologieprofessore, drs. David Reynders en Omar, was teenwoordig tydens die oes van die beenmurg wat ongeveer ‘n uur geneem het. ‘n Beduidende hoeveelheid stamselle, 420 ml, is by Caley geoes. Devon en Tyler het intussen gewag dat die beenmurg by Unitas opdaag.

Lees ook: Terugslag vir Tyler

“’n Bykomende IV-lyn is deur die Hickman-lyn geheg om die oortapping te akkommodeer. Na ‘n geringe komplikasie om die oortapping deur swaartekrag te laat vloei, het die proses begin en die ‘wonderwerk’ het begin ontvou,” het Devon gesê. Ongeveer ‘n uur en ‘n half later was die oortapping voltooi. “Tyler was uiters dapper en kalm wat duidelik was deur die fluktuasies in sy hartklop wat op die monitor waargeneem kon word.” het Devon gesê.

“Ons doel was om tydens die oortapping ontspanne te wees. Die verpleegsters se gesindheid en die kalmerende manier waarop hulle met Tyler in Sotho, Zoeloe, Engels en Afrikaans gepraat het, het baie gehelp,” het hy vertel. Na die prosedure het Tyler vir Devon gesê, “Ek voel nogal goed Pa”. Devon sê hy is net so trots op sy dogter.

Lees ook: Kankerlyertjie inspireer neef

“Sy was positief en dapper en ek kan nie meer trots op haar wees nie.” Devon en Tyler is tans nog in Unitas-hospitaal. Caley en Simoné het na die prosedure teruggekeer na hul plaas in Magoebaskloof. “Ons is egter onder geen illusie nie, ons het ‘n lang uitdagende pad wat voorlê, maar verlede Vrydag was ‘n wonderlike dag,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button