Local news

Orgideëliefhebbers leer oor die Vanda

Die Wolkberg Orgideëvereniging het Sondag hulle eerste byeenkoms van die jaar by die Fairview Hotel op Tzaneen gehou.

Sheneen Stevens was die spreker en het meer as 25 van die vereniging se lede meer vertel oor die Vanda-genera van orgideë. Vanda Miss Joaquim is die nasionale blom van Singapoer en is die enigste nasionale blom wat ‘n kruising is.

Stevens het tydens die insiggewende praatjie die oorsprong, vorm en groeitoestande van die Vanda-genera bespreek. Sy het ook interessante feite rakende die kulturele belang van orgideë gedeel. Die Wolkberg Orgideëvereniging sal op 18 Februarie om 14:00 weer by die Fairview Hotel ontmoet om die woordelys (glossary) wat algemeen gebruik word wanneer orgideë bespreek word, in diepte te bespreek.

Lees ook: Jani se liefde vir perde kry vlerke

Op 17 Maart besoek hul Sheneen Stevens se kweekhuis en op 21 April sal die beste boererate vir die groei van orgideë bespreek word. In Mei-maand sal die Moedersdagskou weer by die Lifestyle-sentrum op Tzaneen plaasvind en sal die bekende orgideë-kenner, Nollie Cilliers van Plantae Orchids en skrywer van Anyone Can Grow Orchids, die skou bywoon. Die vergaderings is oop vir enigiemand wat wil bywoon. Vir navrae, skakel Chris Wink op 072 812 5113 of Dalena Mostert op 079 504 6119.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button