Local news

Brand verwoes 9 gastekamers

Brandkrane op Tzaneen bly ‘n bron van kommer vir inwoners, veral na die brandkraan by Christie’s Inn in Aqualaan nie aan die brandweerwa gekoppel kon word nie toe die gastehuis ín die vroeë oggend ure op 16 Februarie afgebrand het nie.

Estie Zietsman, eienaar van Christie’s Inn, sê dat alhoewel die brandverslag nog nie beskikbaar is nie, vermoed sy en haar personeel dat die vuur moontlik ontstaan het as gevolg van ‘n elektriese kortsluiting of dat dit as gevolg van ‘n skielike stroomtoename na beurtkrag ontstaan het. Nege kamers by die vierster-gastehuis het afgebrand. Die vuur het ongeveer 02:00 ontstaan en Zietsman en haar personeel is deur ‘n gas wakker gemaak.

“Die brand was so erg dat dit binne nege minute na al die kamers versprei het. Die brandweer is ontbied, maar die brandweerwa kon nie aan die brandkraan langs die perseel koppel nie. Dit blyk dat die kraan gebuig is. Hulle het wel plan gemaak om pype te las en aan die brandkraan by die kerk oorkant die pad te koppel,” verduidelik Zietsman. Sy voeg by dat hulle dankbaar is dat geen mense in die brand beseer of dood is nie.

Lees ook: Pienk Graaf skenk hul liefdadigheidsgeld vir dié in nood

“Ons het vinnig die gaste ontruim. Ons was vol bespreek toe die vuur ontstaan het en die gaste is by ‘n ander gastehuis op die dorp geakkommodeer,” sê sy. “Ons het brandblussers gehad, maar die vuur was te erg. Die elektrisiteit was af met die kabels wat gebrand het en ons drukpomp kon nie werk nie. Van my personeel, en selfs van die gaste, het probeer om die vuur met swembadwater te blus,” sê Zietsman.

“Met die dorp se water wat elke aand beperk word, en die probleem met brandkrane, wil ek graag hê die gemeenskap moet besef dat dit ‘n krisis is. Wat gaan julle doen as jul huis aan die brand slaan?” vra Zietsman. Die Herald het met Vutivi Makhubele, woordvoerder van die Groter Tzaneense Munisipaliteit gepraat oor die aangeleentheid. Sy sê die GTM was nie bewus was van die brandkraan nie en dat sy die kraan sal rapporteer vir herstelwerk. Zietsman sê dat dit vier tot vyf maande sal neem voor hulle weer Christie’s Inn se deure vir gaste sal kan oopmaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button