Local news

Merensky spog met hul landbouvernuf tydens Plasie Jeugskou

Agri-Merensky se jaarlikse Plasie Jeugskou het op 19 en 20 April by Merensky Landbou Akademie, op Agri-Park en die Bulkraal, plaasgevind.

‘n Totaal van 101 leerders het in die pluimvee-, konyne-, vleisbeeste-, wolskape-, vleisskape-, boerbokke-, melkbokke-, varke-, afslaers-, fotografie-, kulinêre kunste- en suiwelbereidingafdelings deelgeneem. Deelnemers het op 19 April begin met ‘n kennistoets, waarna diere gewas en voorberei is.

Hul het toe op 20 April op die Bulkraal op die B-rugbyveld met die diere geskou. Xavier Richter vat eerste plek in die senior vleisbeeste-afdeling en Leandri Smith vat eerste plek in die junior afdeling. Bernard Gilfillan is eerste in die senior pluimveeafdeling. Dylan Jacobs vat eerste plek in die senior konyne-afdeling en Christiaan Mooi wen die junior afdeling.

Lees ook: Heerlike hokkie en netbal tussen Vossies en Plasies

Nykai Mokgwatse Sekgobela wen die senior vleisskape-afdeling en Karina Swanepoel wen die junior afdeling. Risima Muhlari en Amelie Pretorius wen onderskeidelik die senior en junior melkbokke-afdelings, terwyl Stephen-John Walker die wenner is in die senior wolskape-afdeling en Hynuter Briers die junior afdeling wen. Sefastian Jansen van Vuuren wen die senior boerbokke-afdeling terwyl Suria Emslie die junior afdeling wen.

Cloë Theron wen die senior varke-afdeling en Rousseau Marais vat eerste plek in die junior afdeling. André van Vuuren is die wenner van die suiwelbereidingafdeling en Dané Viljoen is eerste in die kulinêre afdeling Gerhard Greyling wen die afslaerskompetisie se senior afdeling en Matthew Newham wen die junior afdeling. Lyla Aucamp is die wenner van die fotografieafdeling.

Related Articles

 
Back to top button