School sport

Heerlike hokkie en netbal tussen Vossies en Plasies

Tzaneen het verlede week nostalgies geraak met ‘n hokkieen netbal-derby wat tussen Merensky Landbou Akademie en Hoërskool Ben Vorster plaasgevind het.

Die geesvang en ondersteuning by die wedstryde was goed om te ervaar en die twee skole se sportsterre het die dorp trots gemaak. Op 16 April was dit rooi teen blou met die meisieshokkiespanne wat sake op die Vossies se astrobaan uitgespook het. In ‘n taai wedstryd het Merensky en Ben Vorster se eerste spanne gelykop, 1-1, gespeel. Sake was net so taai in die kragmeting by Merensky se astrobaan tussen die eerste seunshokkiespanne op 17 April.

Die wedstryd is ook gelykop beslis, 1-1. Die skole se eerste netbalspanne het mekaar die stryd by die Plasies se netbalbane op 18 April aangesê. Die Vossies het koning gekraai en die wedstryd met 30- 19 as eindtelling gewen. Die Vossies se tweede span het ook koning gekraai met 17-6 op die telbord. Die rooi skool se o/17A’s (19-11), o/16A’s (23-12) o/16B’s (20-11), o/15A’s (19-13), o/14B’s (23-3) en o/14A’s (32- 16) het almal oorwinnings op die netbalbaan behaal.

Lees ook: Vossies geniet nat rugbyweek

Vir die Plasies het die o/14C’s (10-4), o/15B’s (18-11) en o/15C’s (16-3) gesorg vir ‘n wen op die netbalbaan. Merensky se o/14A-meisieshokkiespan wen 2-0 met Ilana Lubbe en Maryna Jacobsz wat doele skiet. Die o/16A’s van die blou skool wen ok hulle kragmeting met 3-0 as eindtelling. Isabella Brett, Nikita Celliers en Lyné Topham skiet elkeen ‘n doel.

Die Plasies se o/14Aseunshokkiespan wen 3-0. Reinhardt Boshoff, David Spies en Thabiso Mahasa skiet elkeen ‘n doel vir Merensky en De Nys Gubitz word as ‘n ster van die wedstryd uitgewys. Die o/16A-span van Merensky het die Vossies, 8-1, uitoorlê. Zak van Niekerk skiet drie doele, JP Botha en Dylan Purdon skiet elkeen twee doele en Jamie de Carvalho skiet ook ‘n doel vir die Plasies.

Related Articles

 
Back to top button