188 lopies gee vir Vossies die wen
Die Vossies en Plasies het mekaar in die eindronde van die o/15-krieketliga op Merensky se velde gepak.

TZANEEN – Die Vossies en Plasies het mekaar in die eindronde van die o/15-krieketliga op Merensky se velde gepak.
Ben Vorster het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Na ‘n baie stadige begin het Christian Duvenhage en Sontag Ramatsoma vasgestaan en ‘n 49-vennootskap aangeteken.
Duvenhage het verder vasgeskop en hy en Kulani Mnisi teken ‘n verdere 39 lopies aan.
Die Vossies het deurgedruk en ‘n 10de paaltjievennootskap van 42 geslaan, waar Delarey van der Linde en Kulani Mnisi mooi uitgehou het.
Ben Vorster eindig op 188 lopies in 45.4 boulbeurte.
Duvenhage het 27 lopies van 69 balle, Mnisi 51 lopies van 85 balle en Ramatsoma 21 lopies van 49 balle geslaan.
Die Vossies se boulers het ook knap gespeel.
Mnisi het in 10 boulbeurte 35 lopies afgestaan vir drie paaltjies.
Ramatsoma het in 10 boulbeurte 46 lopies en drie paaltjies afgestaan en Reinhardt Geldenhuys het in 9.1 boulbeurte 52 lopies twee paaltjies afgestaan. Merensky eindig op 187 in 35.1 boulbeurte.
Ben Vorster wen met een lopie en is dus ligakampioene.
Paaltjies gevat:
Mnisi het 3 paaltjies gevat.
Ramatsoma vat 3 paaltjies.
Reinhardt Geldenhuys spog met 2 paaltjies.



