Sport
Reenen en Zoë is Tzaneen Tennisklub kampioene
Die eindstryde van Tzaneen Tennisklub se klubkampioenskappe het Saterdagmiddag plaasgevind.
TZANEEN – Die eindstryde van Tzaneen Tennisklub se klubkampioenskappe het Saterdagmiddag plaasgevind.
Reenen Bergmann is die mansenkelspelkampioen. Hy speel in die eindstryd teen JP Botha en wen die wedstryd 6-2, 6-4.

Zoë Venter speel teen Ettiene van Wyngaardt en wen die wedstryd 6-3 en 6-2 vir die vyfde en sesde plek op die klubranglys.
Venter en Righardt Erasmus is die dubbelspelkampioene na hulle 6-3, 6-4 teen Abré Cilliers en James Excell in die eindstryd gewen het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



