Local news

Tzaneen groet vir Dr. Sarel Spies

Tzaneen neem afskeid van bekende geneesheer en orgideë-entoesias, dr. Sarel Spies. Hy het vir langer as 50 jaar die gemeenskap gedien met deernis, sonder enige voorwaardes.

TZANEEN – Dr. Sarel Spies, welbekende plaaslike geneesheer is Dinsdag op 83-jarige ouderdom na ‘n kort siekbed oorlede.

Hy het tot en met die dag van sy diagnose met kolonkanker gewerk en moes skielik sy werk by die praktyk wat hy en vennote op die been gebring het, Spies & Vennote, afskaal.

Hy het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en sy studiebeurs op Oshakati in die voormalige Suidwes-Afrika teruggewerk.

Daarna het hy in 1972 na Duiwelskloof verhuis waar hy by die ou hospitaal as algemene praktisyn gewerk het. Hy het vir meer as 50 jaar die gemeenskap as mediese dokter gedien.

Hy was hoogs intelligent en pasiënte sal hom onthou vir sy sagte geaardheid, positiewe ingesteldheid en sy skerp humorsin.

Hy was passievol oor orgideë kweek en versamel en was vir jare die president van die Wolkberg Orgideëvereniging. Dr. Spies het gereeld orgideë en inheemse orgideë saam met die Wolkberg Orgideëvereniging op skougeleenthede ten toon gestel en was ook ‘n internasionaal erkende orgideëbeoordelaar.

Hy laat sy vrou, Marieta, en kinders, Sarel, Juanita, Kobus en Antoinette agter.

Die familie waardeer al die oproepe, boodskappe en gebede. Daar sal ‘n klein, privaat begrafnisdiens vir dr. Spies gehou word met naaste familie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button